Derbent Дербент | |
---|---|
Stad | |
Uitsig oor Derbent | |
Die ligging van Dagestan in Rusland | |
Koördinate: 42°04′0″N 48°17′0″O / 42.06667°N 48.28333°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Dagestan |
Stadstatus | 1840 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Imam Jaralijef |
Oppervlak | |
• Totaal | 70 km2 (30 vk. myl) |
Hoogte | 0 m (0 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 120 470 |
• Digtheid | 1 714/km2 (4 440/vk. myl) |
Tydsone | UTC+04:00 (MSK) |
Poskode | 36860x |
Skakelkodes | 7 87271 |
Webwerf | derbent.ru |
Derbent (Russies: Дербе́нт) is 'n stad in die deelrepubliek Dagestan in die Russiese Federasie. Dit het 'n bevolking van 120 470 (2014). Die stad is in 438 gestig deur die Sassaniede, 'n Persiese dinastie. Dit maak dit die oudste stad op die grondgebied van Rusland.
Derbent was lank deel van wat nou Iran (Persië) is. In 1805 is dit deur die Russe verower van die Iranse Kadjare-dinastie tydens die Eerste Russies-Iranse oorlog.
Derbent is bekend vir sy Middeleeuse verdedigingswerke wat sedert 2003 op die Wêrelderfenisgebiedslys van Unesco is.
Die stad word beskou as een van die mees multikultureles van Dagestan. Daar is Russies-Ortodokse kerke, Armeens-Apostoliese kerke, Georgies-Ortodokse kerke, sinagoges (van die Bergjode/Tatte) en Soennitiese en Sjiïtiese moskees.